cd-art2

Released: 28 July 2012
℗ 2016 Inhoud Huis Musiek
Kopie Reg (Pty) Ltd,
under exclusive license to
Universal Music (Pty) Ltd South Africa.

LUISTER

LIRIEKE

Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde

VERGEET WAT JY WEET VAN LIEFDE
(Dewald Wasserfall)

Toe ek jou daar sien
Was dit klaar verby
Dit was net een kyk
En dit was klaar met my

Maar jy wou net niks weet
Jy sê dit maak te seer
En jy’s nie lief vir liefde nie
Maar ek het klaar besluit

Vergeet wat jy weet van liefde
Vergeet wat jy dink van my
Ek en jy gaan net eenkeer lewe
Dis dalk die laaste kans wat ons kry

Want ek wil jou hê
En ek weet jy sê
Die liefde is nie vir jou bedoel
So vergeet wat jy weet van liefde
En vergeet wat jy dink van my

Ek gaan jou hart moet wen
Al kos dit myne ook
Al is jy net so bang
Ek weet jy voel dit ook

En ek wil by jou weet
Of jy my ook wil hê
Jy weet nie wat bring môre nie
Maar ek sal jou daar kry

Ek wens ek kon terug gaan in tyd
En die een wat jou seergemaak het
Net so seer maak
Voor hy jou hart kon breek
En dit in ‘n duisend stukke hier laat lê

Eendag As Ons Groot Is

EENDAG AS ONS GROOT IS
(Johan Vorster)

Was ‘n hart te jonk om op 8 jaar oud
Die woorde te glo uit ‘n prinses se mond :
“Vir jou sal ek liefhê tot die dag van my dood
Dit was waar vir ‘n rukkie, maar toe word ons groot

As ek kon kies sou ek dit oor wou hê.
Ek sal jou my nooit laat uitoorlê.
Jy weet hoe jonger ‘n hart, hoe groter die hoop
Jy’t verander hoe ek nou deur die lewe loop

Jy’t my belowe, my belowe, tot dit dag van jou dood
Jy’t met jou woorde, met jou woorde, my altyd laat hoop
Dat as ons groot is
Eendag as ons groot is

Jy sal nooit weet, jy sal nooit weet hoeveel, en wat jy kon voel
Jy’t my vergeet, jy’t my vergeet, ek weet nou jy’t nooit bedoel
Dat as ons groot is
Eendag as ons groot is

Na alles oud, sal ek jou nooit blameer
Jy was te jonk om woorde te wou keer
Maar ek weet voor my siel daar was oorgenoeg tyd
Om te sê, jammer, jy wil ‘n belofte wegsmyt

Ek verlang na die tye wat lank verby is.
Nou’s ons groot, ek mis ‘n belofte wat lank reeds verby is.

Sewentien

SEWENTIEN
(Dewald Wasserfall, Johan Vorster)

Ons steek die horison nou aan die brand
En dans hier in die vuur van my gunsteling stad
Te veel verloor, ons sal nooit terug kan gaan
Op 17 was ons te wys om te verstaan

Miskien het ek dit nooit genoeg gesê
Miskien het ek klaar als wat ek wou hê

Op 17 het ek te min geweet
Het ek te veel gesien
Het ek te veel vergeet dit was die beste tyd gewees
Maar tyd is nie jou vriend nie

Op 17 het ek te veel baklei
Het ek te hard probeer
Het ek te min gevry
O, die dinge wat ek sou gee
Om net weer een keer sewentien te wees

Sien jy alles nou vir wat dit is ?
Of sien jy soveel meer as wat daar om jou is ?
Voel jy nou of alles aanbeweeg ?
Op 17 het ons probeer om te oorleef

Gebore Met 'n Stukkende Hart

GEBORE MET ’N STUKKENDE HART
(Dewald Wasserfall)

Sit jou hande in die water
Jy’s gebore met ‘n vinnige hart
Wat vinnig lief kry
En vinnig seer kry
Vinnig vergeet wie’s aan jou kant

En jy sal my nooit onderkry
Jy sal my nooit verstaan
En jy sal my nooit kan seermaak nie
Ek is gebore met ‘n stukkende hart
Ek is gebore met ‘n stukkende hart

Sit al jou pyn in jou verlede
Dis al manier om heel te raak
Sonder rede sonder vrede
Maar jy’s sterker as die hand wat jou seermaak

Dit het só seergemaak ek sal jou nooit vergeet nie
Maar dit het my sterkgemaak
Ek wou jou nooit verloor nie

Jy's Beautiful Vir My

JY’S BEAUTIFUL VIR MY
(Dewald Wasserfall, Johan Vorster, Ewald Coleske)

Jy hou my vas
Sodat ek weet
Die wêreld om ons kan van my en jou vergeet

En soos ‘n kind
Smag ek na jou
En elke oomblik wat my arms om jou vou

En jy brand deur my drome
Ek’s lief vir jou
En jy’s al wat ek wil hê

Jy’s beautiful vir my
En net vir my
Jy’s waar ek vrede vind
Een alles is okay

Jy’s soveel meer as beautiful vir my
En jy’s die son wat in my hart skyn
Jy’s die een wat wag vir my
Jy’s mooier as ‘n love song

En soveel meer as beautiful vir my

Jy hou my vas
En my hart breek
Ek sal jou altyd lief hê, meer as wat jy weet

Dis net ‘n song
Maar dit is net vir jou
Oor 50 jaar sal ek jou meer lief hê as nou

Jy dans so stadig in my gedagtes die ure soet verby
Dartel jy hier deur my drome, weet ek dis net jy

Voor Jy Moet Gaan

VOOR JY MOET GAAN
(Dewald Wasserfall)

Voor die einde van jou lewe
Moet jy sê wat jy bedoel
My lief jy weet ons is feilbaar
Maar lief jy weet
Ek doen dit als vir jou

En voor jy moet gaan
Voor jy moet gaan
Moet jy sê wat jy bedoel
En hoe jy eintlik oor my voel

En voor jy moet gaan
Voor jou hart gaan staan
Voor die deure van jou siel toe maak
En jy alleen hier moet bly wag

Jy moet sê wat jy wil sê
Voor jy moet gaan

Aan die einde van jou lewe
Wat sou jy sê van my
Sal jy lief kan hê sonder twyfel
En sal ek weer hier wees net vir jou

Voor die einde kom
Sê wat jy wil
Ek staan alleen en wag
Net vir jou

Goeie Wyn En Slegte Gewoontes

GOEIE WYN EN SLEGTE GEWOONTES
(Dewald Wasserfall)

Jy’t gesê dis al wat jy ooit wou hê
Dis al wat jy ooit wou kry
Jou elke asem was vir my

Maar jy’s in my bloed
Kop vol twyfel, hart vol moed
Siel en skaduwees van seer
Belowe jy was soveel meer

Jy’s soos goeie wyn: net ‘n slegte gewoonte
Maar jy vloei in my, jy verstaan al my sonde
Dis net jy
Dis alles vir jou

Jy’s soos goeie wyn: net ‘n slegte gewoonte
Dis die gevoel in my as ek jou sien in die somer
Dis net jy
Dis alles vir jou

Jy’t laat weet :
Jy wou alles van my vergeet
Maar alles wat ek kan onthou
Is iewers in jou toegevou

En wat dit ookal werd is:
Maak seker dat jy sterk is.
Maak seker dat jy weet wat jy wil hê

En hoe dit ookal nou sy
Belowe net jy mis my
Maak seker dat jy weet

Die Klank Wat My Hart Maak

DIE KLANK WAT MY HART MAAK
(Dewald Wasserfall)

Hou vas aan alles wat jy kan
Net aan wie jy is, en dan
Kry jouself beet, en hou my naby jou

Bly weg van dinge wat jou pla
Al die eindelose vrae
Want dit maak jou seer en dit hou my weg van jou

Ek praat te vinnig, ek sê te min
Ek skryf die einde voor die begin
Ek wou een duisend maal vir jou sê hoe ek voel

En hierdie is die klank wat my hart maak
Hierdie is die dinge wat saak maak
Hierdie is die rede dat ek onthou my hart behoort aan jou

Hierdie is die klank wat my hart maak
Dis die oomblik dat die lewe weer sin maak
Hierdie is die rede dat ek onthou my hart behoort aan jou

Hierdie is die klank wat my hart maak

Soveel meer wat ek jou moet vertel
Die geheim onder jou vel
Dit hou jou hart vas, en dit maak my vas aan jou

Min tyd en minder energie
Jy voel so vêr al is jy hier
En alles wat so seermaak hou my vêr van jou

Sal jy kon glo?
Dis alles van my.
Dis alles vir jou.

Sal Dit Genoeg Kan Wees

SAL DIT GENOEG KAN WEES ?
(Dewald Wasserfall)

Sê vir my :
Is die woorde wat ek sê genoeg om hier te bly ?
Vir net nog een dag. Net eenkeer vrede kry
Is dit makliker om stil te wees as seer te kry ?

Hou verby as die liefde wat jy kry te veel na seerkry lei
Soms is al die eensaamheid die moeite werd
Dis beter om alleen te wees as eensaam
Was jy al eensaam ?

En sê my : Sal dit genoeg kan wees ?
Sal liefde ooit genoeg vir jou en my kan wees ?
Hou my in jou arms
Sal jy by my bly ?
Sal jy liefde kry ?
En sal dit genoeg kan wees ?

Bly vir nou.
Die liefde leer die hartseer keer
Maar jy vertrou die waarheid wat jou wonde weer kom wys vir jou
Dit maak so seer, maar daar’s soveel meer as hier en nou

So wat as ek vir jou moet sê
Jy’s al wat ek nog ooit wou hê
En alles wat ek doen is net vir jou ?

En wat as ons eendag moet sien
Dat liefde nie genoeg is nie
Want alles wat ek doen is net vir jou ?

Suikerbos

SUIKERBOS
(Dewald Wasserfall)

Al sou jy dalk eendag by ‘n ander man slaap
En partykeer my ore van my kop af praat
Jy’s ‘n teelepel suiker
Jy’s ‘n handvol kaneel
Jy’t my hart gesteel

Die trane loop oor jou wang soos wyn
Jou drome is groot
Maar jou wêreld is klein
Daar’s ‘n boek vol dinge wat ek wou sê
En Suikerbos, ek wil jou hê

Suikerbos, ek wil jou hê
Ons kan droom van ‘n huis wat vêr oor die blouberge lê
In my drome kan ons dans tot waar die tyd stilstaan
Ek en my suikerbossie
Ek en my suikerbossie saam

Weet jy dat ek somtyds nog vir jou skryf
Oor die maan wat dans oor jou sagte lyf
En die son wat sing oor jou sagte mond
Maar my dag sal kom

En het ek jou vertel dat ek jou wil hê ?
En van al die dinge wat ek vir jou wou sê ?
Maar dis ‘n ander man wat nou langs jou lê
Suikerbos, ek wil jou hê

Ek glo nie ek gaan vanaand huistoe kom nie
Ek gaan ry
Deur die nag
Deur die reën
Deur die wind
Tot naby jou

Een Duisend Jaar

EEN DUISEND JAAR
(Dewald Wasserfall)

Hoekom draai jy om my ?
En waarom hou jy my nog vas ?
Waarom steek jy my nog weg
Soos ‘n geraamte in jou kas ?

En waarom staan jy net daar
Met leë beloftes aan jou sy
Waarom voel dit of jy hier bly ?
Want dis verby

En ‘n duisend jaar sal te min wees
Want drie dae was te veel
As ek jou nooit weer sien nie
Sal ek my moet verbeel

Want jy bly nog in my are
Jy maak my hart jou huis
En as jy in my twyfel
Sal ek my liefde ‘n duisend keer moet bewys

So waarom voel dit vir my
Ek het jou lank terug al verloor
Ek breek my hart weer voor jou oop
En net die hartseer bly dan oor

So wanneer los jy my dan ?
En wanneer kom jy terug na my ?
Waarom wens ek dat jy hier bly staan ?
Want dis verby

Laat

LAAT
(Dewald Wasserfall, Johan Vorster)

Laat in die aand is my hart gedaan
Jy’t my alweer so onkant gevang
Jou woorde verander in dolke wat sny tot op die been

Ek wil weet wat gebeur het
Dat jou liefde soveel seer het

Ek weet hierdie stad kan jou laat vergeet wie jy rêrig is
Maar moet net weet :
Het jy dit bedoel toe jy sê jy voel veilig hier by my ?

Ek wil weet wat gebeur het
Dat jou liefde soveel seer het

En waar’s jy nou dat ek alleen is ?
Dis so koud hier as ek jou mis
En jy’t nou alles wat ek belowe het
So waar’s jy, nou dat ek jou nodig het ?