cd-art

Released: 12 August 2016
℗ 2016 Inhoud Huis Musiek
Kopie Reg (Pty) Ltd,
under exclusive license to
Universal Music (Pty) Ltd South Africa.

LUISTER 

LIRIEKE

Jy Is Die Storm

JY IS DIE STORM
(Johan Vorster, Christoph Kotzé)

Hou aan loop
Hou aan hoop
Hou aan glo
Daar’s iets daar bo

Hou aan voel
Hou aan gee
Moenie laat die vrees jou laat vergeet

En die storm sê hy gaan vir jou verniel
Daar gaan niks oorbly
Nie eers n stukkie siel
Maar jy moet weet : Jy is die storm

En daar’s niks wat jou uitmekaar kan skeur
Nie die bangmaakstories of die donderweer
Want jy moet weet : Jy is die storm
Jy is die storm

Wees die lig
Diep in die nag
Want daar’s soveel wat vir hoop lê en wag

Kom wys die pad, oor die berge
Want op eie einde van die dag het ons mekaar

En jou vyand sal jou naam nooit kan vergeet
Dit moet jy weet
Jy is die storm
(Dis) die kleinste bottels wat die grootste gif opmeet

Masjiene

MASJIENE
(Dewald Wasserfall)

Aan die anderkant
Van ’n selfoonsein
Is daar iemand wat
Verlang na my

Sal ons ooit kan praat
Sonder die lawaai
Hierdie stad verlaat
En kyk hoe draai ’n wêreld vol masjiene

En wys my wie ek is
Wanneer ek jou mis
Leer my om jou nie te laat gaan nie

En jy staan kaal met al jou klere aan
Die wêreld uit sy wentelbaan
Die aarde kaal gestroop van sy miljoene
Maar ons lewe soos masjiene

Aan die onderkant
Van die suiderkruis
Is daar iemand wat
Daar wag vir my

En sy stuur haar sein
Maar dis net lawaai
Sal sy saam met my
Kan kyk hoe draai ’n wêreld vol masjiene ?

Daar is siel in al jou simmetrie
My hart verdwaal in jou tegnologie Leer my hoe om lief te hê
In ’n wêreld vol masjiene

Altyd Jonk Bly

ALTYD JONK BLY
(Dewald Wasserfall, Danny Smoke)

Wie gee om wat more gaan bring ?
Die lewe is te kort, so spring met altwee voete in
Hierdie wêreld skuld ons niks nie
Ons maak geen verskonings nie

Ons sit ons hande in die lug
Ons laat ons glase altyd vol bly
Ons is wie ons is
Ek en jy gaan altyd jonk bly

Ons lewe net vir nou
En ons gee nie om oor more
Ek en jy
Ek en jy gaan altyd jonk bly

Wie gee om hoe more gaan voel
Die lewe is te kort om nie te sê wat jy bedoel
Ek en jy sal alles moet gee
More doen ons als net weer

Laat Die Lig Inkom

LAAT DIE LIG INKOM
(Dewald Wasserfall)

Die wêreld is gebroke, my lief
My hartedief
En jy weet ons is nooit bedoel om min te wees nie
Nie te vrees nie

En ons soek geen verskoning om te droom nie
En ons skroom nie
Ons is jonk en ons is lus
Ons wil meer wees as wat ons nou is

Jou liefde breek deur
Probeer al die seer verrinneweer

En ons breek af die mure
Van die verlede
Ons is jonk en ons wil lewe
Ons laat die lig inkom

En ons het net een lewe
So vergewe
Ons laat die lig inkom
Ons laat die lig inkom

Die wêreld soek verskonings my lief
En is dalk te stief
En jy weet ons is nooit bedoel om terug te hou nie
Of te vou nie

Ek ek wil geen beloftes maak aan jou nie
En dit nie hou nie
Jy moet opstaan en dit sê
Alles wat jy ooit wou hê

Daar’s myle tussen wie jy is en wie jy wil wees
En al wat jou nog van dit weghou is jou vrees
Kan ons probeer om te vergeet van die verlede ?
Sal ons kan leer om te vergewe ?

'n Jaar Na September

’N JAAR NA SEPTEMBER
(Dewald Wasserfall)

Ek onthou
Somerdrome tussen my en jou
En ek onthou ons was so
Jonk en onskuldig
En die wêreld was gemaak vir dromers

Ek onthou
Toe die winter kom
Die koue terg
Ek vries die aande om

En alles het verander
Maar nie een van ons het aanbeweeg nie

Maar ek kan nie onthou nie
Waarom jy weg moes gaan nie
En ’n deel van my hart vat
Na die Kaapse Oseaan nie

Want dis al ’n jaar na September
En ek en jy is albei nog alleen

Jy’t gesê
Jy sou vir altyd wag
Maar elke uur
Is ’n yskoue somersdag

As dit reën in Pretoria
En die Jacarandas leeg is sonder jou

Maar ek kan nie onthou nie
Waarom jy weg wou gaan nie
Van die somer en die onskuld
Van Pretoria se dae nie

Want dis al ’n jaar na September
En ek en jy is albei nog alleen

Ons het mekaar belowe
365 dae
As ons albei alleen is
Kan ek jou daar kom haal

Ek het gebel
Jy’t my vertel
Daardie somer was die laaste bladsy in ons twee se verhaal

En ek kan nie vergeet nie
Dat ek jou nie kan laat gaan nie
Jy’s my somer
My uitkoms
Na al my donker dae hier

Dis al ’n jaar na September
En ek en jy is albei nog alleen

Tot volgende September
Dalk verander alles dan weer

As Jy Iemand Liefhet

AS JY IEMAND LIEFHET
(Johan Vorster)

Ek was al hier
Ek ken die reuk
Ek weet jy het soveel kere al
Van my vergeet

Dit was net jy
Nog altyd jy
Jy’s so diep hier in my ingekerf
Hoe kry jy dit reg ?

Maar jy het my hart gaan staan en breek
Ek moet baie sterker wees, ek weet
Maar dis nie so maklik om te vergeet
As jy iemand liefhet

Jy ken my hart
Jy vat so diep
Daai woorde wat my lief gemaak het vir jou
Was alles verniet

Ek het als gegee maar tog te min
Die ergste is dat ek dit weet

Weg Van Die Ligte

WEG VAN DIE LIGTE
(Dewald Wasserfall)

Ek voel partykeer die wêreld moet ophou draai
Want ek wil af
Voel jy ook soms dis te vinnig te veel ?

En as ek moet eerlik wees
Ek kon nog nooit verstaan
Dié gejaag na wind

En ek wens partykeer
Ek kon dit als weer begin
Deur die oë van ’n kind

So gee my ’n plek vêr weg van die ligte
En hou my net weg van al die gesigte
Wat staar vir my
En maak of hulle weet wie ek is
Weg van die ligte

Hou my net vas voor jy gaan en verstaan dit is al
Wat ek wil hê
En dalk net ’n plek by die see met ’n bosveldvuur

Die realitieit is die tyd is te min om te wil
Staan ek baklei
En ek’s hier gebore
Maar voel soms verlore
Tog tuis, waar ek my paspoort wys

En laat my nooit vergeet waar ek vandaan kom nie Hou my net naby die aarde dat ek jou kan
sien Skyn deur al my donker asof ek dit verdien
Jy’s al wat my die lig laat sien

So gee my ’n plek waar ek weer kan mens raak
Iewers waar ek voel alles weer sin maak
En spaar vir my
Dat ek net kan onthou wie ek is
Weg van die ligte

Die Anderkant Van Liefde

DIE ANDERKANT VAN LIEFDE
(Dewald Wasserfall, Christoph Kotzé)

Ek het belowe ek sal jou op pas
En jy’t gesê jy hou vir altyd vas
Maar die werklikheid is die werklikheid :
Soveel anders as die droom

Ons het gedink ons sal altyd wees
Maar miskien het ons dit mis gelees
Miskien het ons geweet, maar wat weet ons nou eintlik ?

Van wat dit vat om oor te begin
Wat dit vat om weer te probeer
Wat het ons laat dink dat ons kon staan vir soveel meer ?

Aan die anderkant van liefde
Het ek jou klaar vergewe
Ek wil hê jy moet weet ek het klaar vergeet
En jy moet aangaan met jou lewe

Kom ons hou die vrede
Vergeet van ons verlede
Ons het als probeer
En nou staan ons weer
Aan die anderkant van liefde

Die tyd kan alles genees
En nou kan altwee van ons beter wees
Miskien moet ons besef ons het altwee dalk iets geleer van
Wat dit van om oor te begin…

1000 Kerse

1000 KERSE
(Johan Vorster)

Ek sien ’n duisend kerse brand
Aangesteek deur elke vrou
Wat hoop haar man maak nog ’n aand

Dis ’n baken in die nag
Dit gee ons hoop, dit gee ons krag
As ons nie weet wat op ons wag
As ons nie weet wat op ons wag

Ek sal jou opdra
Ek weet ek’s glad nie in beheer
Ek sal nooit opgee

Ek sal by jou staan
Na jou verlang
Solank die kerse brand

Ek sal aanhou loop
Gee jou my woord
Solank die kerse brand

Is daar genesing na die seer ?
Nog ’n les wat ons moet leer ?
Waarheen dan heen weet U alleen

Ek vra jou glo jy soos ’n kind
Dat ons mekaar net weer sal vind
As die stof en haat gaan lê
As die stof en haat gaan lê

Jy Was Reg

JY WAS REG
(Dewald Wasserfall)

Ek wou dit nie glo toe jy dit sê nie
Jou toelaat om my mure met jou woorde af te breek
Ek kan net nie glo ek’t jou laat wag nie
Wat het my laat dink dat ek jou hart net so kon breek

En ek weet ek sal jou nie kan vergeet nie
Ek het soveel van myself op hierdie langpad al verloor
En ek weet dis te laat om te wil terugdraai
Maar ek wil nie altyd wen nie
En dis tyd om te erken jy was reg

Jy’t gesê die tyd staan stil vir niemand nie
Ek’t gesê die lewe is geduldig net soos jy
Nooit gedink die ure sou my inhaal nie
Ek wou nog probeer toe is alles reeds verby

Jy was regtig my heel beste vriend
Ek onthou dit nou weer
Al die pyn wat ek jou nie kon keer
Jy’t gesê jy sou wag
Maar toe kom daardie dag
Dat jy weer net besef jy verdien soveel meer

'n Brandewyn Weg Van Beautiful

’N BRANDEWYN WEG VAN BEAUTIFUL
(Dewald Wasserfall)

Een aand by die bar het ons lekker gekuier
Gratis drank is op die spel, hoe kan ons dit nou weier ?
Dis daai tyd van die aand wanneer jy begin spesiaal raak

Ek bel toe my pêl vir ’n yskoue bier
Hy’s die tipe ou wat slaap wanneer hy moet bestuur
Hy’s ’n klein bietjie vaak, maar dis wat hom spesiaal maak

En kan niemand meer van hom hou nie ?
Hy’s nie die tipe ou wat rockets kan bou nie
En hy’s ’n brandewyn weg van beautiful vanaand

Hulle sê “Kom by” maar hy kom nie by nie
Hy’s nie die tipe ou wat meisies verlei nie
En hy’s ’n brandewyn weg van beautiful
’n Brandewyn weg van beautiful vanaand

Na sy derde dubbel begin die man steier
En al sy versoeke word onmiddelik geweier
As dit so begin raak moet jy al jou moed bymekaarmaak

Hy trek ’n blondekop nader en sê “Luister hier :
Ek’s die tipe ou wat sorg vir ure se plesier”
Sy dink dis ’n leuen, of hy trek maar net haar been
Want hy’s alweer alleen

Hy’s die tipe ou teen wie jou ma jou waarsku
Hy drink sy kitspersoonlikheid
Hy is ’n bietjie menssku

En vir sy volgende toertjie gaan hy nooit weer dans nie

Adios Old Friend

ADIOS OLD FRIEND
(Brett Eldredge, Kim Tribble)

You were headed for some border town
To find a Spanish rose and settle down
You hitched a ride on a Southbound Mexican wind

Adios old friend

Well I heard you made it as far as El Paso
Those Texas rangers would not let it go
They tracked you down on the banks of the Rio Grande

Adios old friend

Do angels sing for outlaws ?
I don’t know
But I know that outlaws pray
I’ve prayed it so

Old friend

Outside these bars I hear that mission bell
That hangman waits to send me straight to hell
No this ain’t where I thought our trail would end

Adios old friend

Maybe we’ll one day ride again

September (Akoesties)

SEPTEMBER (AKOESTIES)
(Dewald Wasserfall)

Ek onthou
Somerdrome tussen my en jou
En ek onthou ons was so
Jonk en onskuldig
En die wêreld was gemaak vir dromers

Ek onthou
Toe die winter kom
Die koue terg
Ek vries die aande om

En alles het verander
Maar nie een van ons het aanbeweeg nie

Maar ek kan nie onthou nie
Waarom jy weg moes gaan nie
En ’n deel van my hart vat
Na die Kaapse Oseaan nie

Want dis al ’n jaar na September
En ek en jy is albei nog alleen

Jy’t gesê
Jy sou vir altyd wag
Maar elke uur
Is ’n yskoue somersdag

As dit reën in Pretoria
En die Jacarandas leeg is sonder jou

Maar ek kan nie onthou nie
Waarom jy weg wou gaan nie
Van die somer en die onskuld
Van Pretoria se dae nie

Want dis al ’n jaar na September
En ek en jy is albei nog alleen

Ons het mekaar belowe
365 dae
As ons albei alleen is
Kan ek jou daar kom haal

Ek het gebel
Jy’t my vertel
Daardie somer was die laaste bladsy in ons twee se verhaal

En ek kan nie vergeet nie
Dat ek jou nie kan laat gaan nie
Jy’s my somer
My uitkoms
Na al my donker dae hier

Dis al ’n jaar na September
En ek en jy is albei nog alleen

Tot volgende September
Dalk verander alles dan weer